Saturday, July 18, 2009

Madiba-betowering

Ek weet nie of u van Woes weet -
u wat Nelson Mandela heet.
Ek weet nie of dit u beskore gaan wees
om soos Woesters die volgende te lees:

In Robbeneiland se tronk het u beland;
kennis gemaak met die lewe se gatkant.
Jare later was u die persoon in beheer
en word u veral deur kinders waardeer.

Gedurende u bewind
het u uself daartoe verbind
om met apartheid weg te doen;
ons deur demokrasie te versoen.

Wie sou ooit kon dink
dat 91 vir u sou wink?
Ek hoop u geniet hierdie dag;
ook die ander wat op u wag.

Mag Hy u met gesondheid seën;
nog lank aan u familie leen;
u – ‘n Suid-Afrikaanse trots,
‘n steunpilaar, ‘n rots.

Friday, July 17, 2009

Ouerskap

Wanneer ons die fase betree
waar kinders jou grys hare gee;
wanneer die bloed in jou are kook
sodra jy uitvind hulle rook.

Gee dat ons dit sal aavaar...
nes die maats wat opdaag as hul verjaar.
Gee dat ons nie met hulle sal baklei
as ons hul vir ekstra lesse moet aanry.

Gee dat ons onsself in hulle skoene indink
as hul in die middel van ‘n eksamen rinkink.
Gee dat ons hulle sal verdra
selfs as hulle oor ons opvoedingstyl kla.

Gee dat ons hul nie as lafaards uitkryt
as hulle oor die waters sit – verspreid.
Gee dat ons hulle nie veroordeel
wanneer hulle van ‘n ander steel.

Gee dat ons juis dan sal aanhou bid
as ons met ons hande in ons hare sit.
Gee dat ons hulle bo alles lief sal hê;
ook wanneer hulle verbrou dit kan sê.

Thursday, July 16, 2009

Blye versekering

Sou ek my lewe in 'n motorongeluk verloor;
sou iemand my oor ‘n selfoon vermoor;
sou ‘n beroerte of hartaanval my lewe kos;
ek weet Hy sal my nie alleen los.

Sou dokters nie meer
die kanker kan beheer;
sou ‘n bomaanvaller my lewe buit;
ek weet Hy’s by my die hele tyd.

Sou dit die H1N1-virus wees;
sou die oorsaak nierversaking lees;
sou ‘n verdwaalde koeël my tref;
Hy sal jul vertroos is my besef.

Sou my liggaamskragte agteruitgaan
weens MIV en my hart gaan staan;
sou my familielede my oorskot groet;
ek weet Hy sal my by die poorte ontmoet.

Wednesday, July 15, 2009

Ter nagedagtenis aan wyle Doktor Lou de Beer

Oor u geloof was u nie skaam.
Talle studente kan dit beaam.
Aan die begin van elke klas
STILTETYD
dis hoe dit was

By Sosiopedagogiek lesings gaan u nie wees;
e-posse hoef u nie te lees.
Semestertoetse hoef u nie te merk.
Vergete is telefoonoproepe by die werk.

Vir jare het u geheet ‘n akademikus.
Nou het u vir ewig gaan rus.

Ek het geleer...

Geskryf na aanleiding van die gedig "Jammersê"

Drank beperk jou vermoë
om te veg vir dit waarin jy glo.
Rokers moet sigarette los –
dit kan hul lewens kos.

‘n Mens moet jou tong beheer –
so kan jy ‘n tranedal keer.
‘n Mens moet ander nie veroordeel;
selfs nie die wat van jou steel.

Moenie van geld ‘n afgod maak
en soos die dokters staak.
Jy vat nie jou besittings saam na Hom –
leer om met min oor die weg te kom.

Moenie ongevraagd jou opinie gee,
soms bring dit vyandigheid mee.
Rooftogte is deel van die alledaagse bestaan –
dink aan Felicity van Sewende Laan.

Moenie jou aan mense soos Zinzi steur;
om moeilikheid te maak is wat hulle probeer.
Moenie met jou kredietkaart oorboord gaan –
jy gaan soos Linda voor die skeihof staan.

Moenie met die ouer garde argumenteer –
uit ervaring weet hulle meer.
Moenie op depressielyers neersien;
jy weet nooit of dit jou gaan tref miskien.

Dit baat jou niks om na Pick ‘n Pay te loop
as jy soek na gesondheid – dis nie te koop.
Gesondheid kom nie in pakkies na jou toe aan,
maar dis ‘n gawe - so moet jy verstaan.

‘n Mens moet negatiewe gedagtes staak –
dis dit wat jou moedeloos maak.
Jy moet nie kanse deur jou vingers laat glip.
Vat dit van my af as ‘n “tip”!

Een mens is nie beter as ‘n ander een,
selfs nie oor die dood se grense heen.
Jy moet ander vergewe as hulle jammersê -
sewentig maal sewe keer soos Hy wil hê.

Jammersê

Ek dink nie ek was die
maklikste kind
om groot te maak nie...

Môre is dit dalk te laat
en sal dit my nie baat.
Ek gaan vandag jammer sê
sodat ek vrede in my hart kan hê.

Jammer ek het jul opvoeding vertrap;
gedink jul vermanings was ‘n grap.
Jammer ek wou altyd eksperimenteer;
darem het ek uit my foute geleer.

Adolessensie

Aantreklike tiener of te not -
dit is ons kind, o God.
Hy laat ons gesigte van blydskap straal
as hy elke seisoen die A-span haal.

Gee dat hy nie met maats heul;
die wat dwelmnaalde deel.
Gee dat hy van beter sal weet
en nie later ‘n alkoholis heet.

Gee dat hy sy hardkoppigheid staak;
nie by voorhuwelikse seks betrokke raak.
Gee dat hy besef hy moet hard leer
as hy eendag verder wil studeer.

Gee dat hy sy man sal staan
sonder om iemand met die vuis te slaan.
Gee dat hy daarteen sal waak
om by Satanisme betrokke te raak.

Gee dat hy nie sy hand aan sy eie lewe slaan
as hy nie sy wiskunde stellings verstaan.
Gee dat hy elke dag daarna sal streef
om volgens U gebooie te leef.