Tuesday, July 14, 2009

Die anderkant van die munt

Duet saam met Barend Steenkamp

Hoe kan ek jou vertel
as dit gaan oor hel
dit wat ek nie kon bereik
met al die pogings tot spyt...B

Op skool was ek vir ‘n week geskors.
Toe al het ek my toekoms opgemors.
Ek kon nie Wiskunde en Wetenskap vat.
Ma was reg met “Jy pluk vir jouself ‘n lat” ...S

Later in my volgende strik
wat mens weereens laat bid
blind het ek my laat verbind
voor ek ‘n oplossing kon vind ...B

Ek voel soos ‘n mislukking
wat telkens hartseer bring.
My drome kon ek nie vervul.
Ek’t ook nie gehandel volgens Sy wil ...S

Dit het my jare geneem om te verstaan
dat ek ‘n ander pad moet inslaan
eers stribbel ek daartee
toe maak ek ontvang, gee ...B

Selfbejammering wou nie werk
so beland ek by die kerk
deure het toe begin oopgaan
en die pad na die hemel nou gebaan ...B & S

Middelkinderjare

Gaan hy 'n akademikus word
of gaan hy uitblink in sport?
Gaan hy in die skoolkoor sing
of gaan hy net hartseer bring?

U het hom vir ons gegee;
hy wat sy middelkinderjare betree.
Lank het ons vir hom gewag;
hy wat met sy sêgoed ons laat lag.

Gee dat hy intuïtief sal dink;
onderskeidings vir hom sal wink.
Gee dat onbenullighede hom nie onderkry;
hy nie met sy maatjies sal baklei.

Gee dat ander van hom in koerante lees;
hy vir sy skool ‘n aanwins sal wees.
Gee asseblief vir sy juffrou geduld,
want soms raak hy maar wild.

Gee dat hy ten alle tye op U vertrou,
nie net wanneer hy verbrou.
Gee dat ons volkome sal verstaan
as hy na ‘n spesiale skool moet gaan.

Al skep hy dan nie in die lewe die room;
gee dat ons nie saam hom ophou droom.
Help ons om hom te aanvaar
al maak hy ons senuwees klaar...

Saturday, July 11, 2009

Hoekom

Hoekom is mense geneig om kanse te vat
al is daar waarskuwingstekens langs die pad?
Hoekom moet mense doodgaan?
Is dit omdat Eva nie God se taal kon verstaan?

Hoekom het die Bokke die laaste toets teen die Leeus verloor?
Is dit omdat Habana nie daar was om die skare te bekoor?
Hoekom weier dokters om mediese hulp te verleen
wanneer pasiënte nie beskik oor ‘n mediese fonds se steun?

Hoekom word ek gedwing om Engels te praat?
Behoort al 11 tale nie bevorder te word deur die staat?
Hoekom word mense met geen ervaring in poste aangestel?
Is dit dan nie kwalifikasies wat tel?

Hoekom die petrolprys wat styg
en mense wat mekaar met bomme dreig?
Hoekom eer kinders nie hul ouers soos hul moet?
Weet hulle dan nie hulle gaan daarvoor boet?

Hoekom sien mense op Steve en Joost neer?
Onthou om eers te vee voor jou eie deur!
Hoekom word druk op kinders geplaas
en as hulle selfmoord pleeg is ouers verbaas?

Hoekom word mense tronk toe gestuur
as hulle hulself verdedig en ‘n skoot afvuur?
Hoekom ontvang moordenaars nie die doodstraf?
Kom hulle nie deesdae gans en al te lig daarvan af?

Hoekom moet jy eers amper tronk toe gaan
voor jy in beheer van ‘n land kan staan?
Hoekom loop verkragters vry rond?
Is hulle gedagtegang dan nie ongesond?

Hoekom pleeg huweliksmaats owerspel?
Is hulle nie bang hulle gaan brand in die hel?
Hoekom is daar mense wat die 8ste gebod verontagsaam?
Kry hulle dan nie skaam?

Hoekom van ander se oortredings boekhou?
Luister gerus na “Vergeet en vergewe” van Nicholis Louw!
Hoekom jouself verander om by ‘n vriendekring in te pas?
Wees net jouself met jou geraamtes en al in die kas... 


Cinematical. 2010. Available at: http://www.effective-health-supplements.com/images/Small-Questioning-Face-Small-Webview.jpg. Date accessed: 5 September 2010.

Pleidooi

Hoekom wag tot al die tellers balanseer
voor Ma saans saam ons sosiaal verkeer?
Het iemand Ma al ooit geleer
om vir ‘n ander nee te sê?

Hoekom moet Ma die bank oop- en toesluit?
Wat as die rowers Ma se lewe buit?
Wie aanvaar dan verantwoordelikheid?
Ons wil Ma nog lank in ons lewens hê.

Hoekom moet Ma saans werk van die werk nasien?
Dis nie asof Ma ekstra geld daarvoor verdien.
Die res is teen ekstra werk immuun.
Dit het tyd geword dat Ma leer om nee te sê.

Hoekom bel hulle Ma as Ma op verlof is?
Is Ma dan nie veronderstel om te rus?
Ma gaan Ma nog doodwerk, dis gewis.
Ons wil Ma nie langer deel, maar vir onsself hê.






















Kiss Outreach Ministries.  n.d.  Avaialable at: 
http://kissoutreachministries.org/uploads/Prayer_hands.jpg. Date accessed: 5 September 2010.

Thursday, July 9, 2009

Die einde se begin

Sodra Hy besluit om die punt te plaas
is dit nie die einde helaas.
Afgestorwenes is ver bo ons verhewe
waar hulle saam met Hom lewe.

‘n Lewe saam met Hom is hemels…
Van skinderpraatjies is daar nie sprake
Skoliere en studente kry nie take
Oor die H1N1-virus is geen vrees
Niemand kan meer slagoffers van misdaad wees
Predikante hoef nie ‘n boodskap op te dis
Sangers se stembande kry rus
Regters hoef nie uitsprake te vel
Kassiere hoef nie geld te tel
Huweliksmaats is nie ontrou
Die huishulp hoef nie klere op te vou
Vir die horlosiemaker is tyd nie ‘n kwessie,
so ook nie die ekonomiese resessie
Onderwysers sit nie laatnag en vraestelle merk
Petroljoggies hoef nie op Sondae te werk
Verkeersbeamptes deel nie boetes uit
So ‘n lewe is hemels – dis ‘n feit

Tuesday, July 7, 2009

Die gemeenskap van Brits

As 'n gemeenskap moet ons saamstaan,
as voorbeeld kyk gerus Sewende Laan.
Apartheid is deel van die verlede,
demokrasie is deel van die hede.
Plaasmoorde maak egter nie soveel opslae
-soos ene Dawie Swart-
dit laat my met talle onbeantwoorde vrae.
Is boere se lewens dan nou minder belangrik?
Gaan boere onder diskriminasie gebuk?
Wat sê die Wet?
Word diskriminasie dan nie belet?


  Madibeng.  Available at:  http://www.madibengtourism.co.za/images/logo.jpg.  Accessed:  12 September 2010.

Saturday, July 4, 2009

Werksesel

Opgedra aan Mevrou Marianne Driescher

Jou vingers beweeg moeiteloos oor die sleutelbord.
Dit het al ‘n ritueel geword.
Mense loop in, uit en verby.
Gaan die gejaagdheid ooit end kry?

Daar is navrae oor die telefoon om te hanteer.
Ongeag die volume werk, jy kan alles beheer.
In die agtergrond is daar musiek wat speel.
Tussen die e-posse en navrae word jou aandag verdeel.

Sekondes word minute, minute ‘n uur.
Jy kyk na die horlosie teen die muur.
‘n Dag word ‘n week, word ‘n maand, word ‘n jaar.
Die werk raak net nooit klaar...