Wednesday, December 31, 2014

Wense vir die nuwe jaar



Mag geluk
kom tapdans
op jou voorstoep
na elke boks snesies,

voorspoed jou
met ‘n vuishou
tref wanneer jy
dit die minste verwag,

vrede waak hou
oor jou hart
met die wete
dat jy nie
als kan kry
wat jy wil hê,

seën mildelik
op jou neerreën,

liefde 
jou aankleef
soos ‘n
aansteeklike siekte

en jy gedurigdeur
bewus wees van
Sy genade in jou lewe

elke tree wat jy gee
in die jaar wat voorlê.

Wednesday, December 24, 2014

Kersboodskap



Mag jou hart
all day
jingles all the way

en die vlam van
kersfeesvreugde
kleurryk brand
wanneer
julle gesellig
verkeer.

Sunday, July 20, 2014

My dear friend Misty




Man,
I miss you like in
Stacks
Today, life without
You isn’t the same.

Live it



Jy sal nie glo
wat ek jou nou
gaan vertel nie,

maar wat ek weet
moet jy nog leer;

wat ek ervaar
sal jy jou nie
kan indink nie;

paaie waarop
die lewe
my al gelei het
moet jy nog bewandel;

verhale wat ek al
sien afspeel het
moet jy nog beleef.

Uitdaging – I C U in heaven



Bel my!, ons moet praat.

Ek kon nie in die donker peil trek op jou emosies nie en jy skuld my ‘n verduideliking oor waarom jy my in die middel van die nag stoksielalleen langs die snelweg gelos het.

Ek dink jy was sommer net pleinweg ongeskik, want jy het plegtig voor die gaste beloof om mooi na my en ons baba te kyk toe jy die ring aan my vinger moes steek en nou dit...

***

Die dominee se taal is so hol soos die gat van jou graf en so leeg soos my lewe sonder jou.

My foon se battery kerm iets van battery low.  Ek wil darem net vir jou sê dat jy altyd in my gedagtes sal bly - lank nadat die hart-long masjien langs jou bed en my foon opgehou het met beep-beep-beeeeeep.



Leeg
Taal
Steek
Skuld
Peil
Middel