Tieners omsirkel jou
soos ‘n tornado
en die effek is enorm.
Hulle ruk aan
jou hart se vensters
opsoek na aanvaarding.
Soos ‘n tsunami
oorweldig hulle grootword
jou as jou huis se vensters tril
asof daar ‘n aardbewing is
en dit lyk asof Orkaan Katrina
hul kamers getref het.
Liefdesteleurstellings laat hulle
rammel soos donderweer
terwyl rugstekers hul laat
vuur spoeg soos vulkane.
Soos wat hulle
deur die lewe dwarrelwind
skep party verkeerde indrukke
van verbode middels
en wanneer hul dan van probleme
so groot soos berge molshope maak
gebeur dit dat hul eksperimenteer.
Vir die rukkie
wat hulle voel
hul is ‘n ster
daar ver
in die melkweg
vermeerder hul
probleme eintlik
net soos ‘n sneeubal-effek.
Party is gelukkig
om met ‘n helse slag
terug te kom aarde toe,
maar ander ryp dood.
In die proses laat hulle
ander agter met trane
wat saggies reën
net omdat hul wou wys
hul is so cool soos hael.