Monday, January 10, 2011

Die ou oom wat tjeks uitskryf vir 'n tydverdyf

Dankie vir die inspirasie, Oom Willie

Daar in die Kalahari
doen die kerk 1 maal
in 3 maande huisbesoek
en van Oom Koos se tjeks
hou die dominee boek.

Elke liewe keer
gee Oom Koos ‘n
duisend rand meer.

Toe die bank vir die
derde maal Oom Koos
se tjek terugstuur
het Dominee Verwey
besluit tot hier
toe en nie verder nie.

Hy’t vir Oom Koos gebel
en vir hom vertel
van al die kere
wat sy tjeks teruggestuur is.

Oom Koos belowe
toe vir Dominee
‘n bees om op te bie.

Tydens die jaarlikse
kerkbasaar was die
hele dorp daar.

Teen die middag se kant
het die bees op die tafel beland
en het die manne
nader gestaan vir die veiling.

Elke keer is die bod toegeslaan
op Oom Koos wat daar
eenkant staan en pruim het.

Toe dit kom by betaal
het hy sy tjekboek uitgehaal...













No comments:

Post a Comment