Liewe Jesus, as Ouma
daar bo by Oupa kom –
onthou haar om vir hom
te vertel van die
kleinkind wat hy
nooit geken het nie...
die een vir wie
sy haar poedel
geleen het, maar
wat nooit weer
die hondjie terug-
gegee het nie,
die een wat in haar
Graad RR-jaar
eerder by haar
Ouma gebly het
as om skool
toe te gaan,
haar Lady Jane
saam met wie sy
moes pop speel
en MacGyver en
Arende kyk as sy by
ons kom oornag het,
en sê vir haar
ek kan nie wag
tot daardie dag
wat ons twee
weer ontmoet
nie, want sy het
vergeet om te groet
voor sy weg is,
en sê vir haar
ek mis die geldjie
as ek verjaar
en die roompie
en die sepies
wat sy die ander
Kersfees gegee
het is klaar,
en kyk mooi na haar,
want sy’s lief en dierbaar.
Saturday, January 29, 2011
Tuesday, January 25, 2011
Sal ons ou kennisse ooit vergeet?
Tolla was daarvoor bekend
om ander te vermaak,
so hy sit seker nou
en steek die draak
met Bles wat nie
nou meer na die
sterre reik nie,
maar tussen hulle bly
met Cora Marie
omdat sy nou Jesus
se mooiste roos is
met Johannes Kerkorrel
omdat die vent
‘n musiekinstrument
vir ‘n van het
met Koos Doep en Gé
omdat hulle en hy
nou God se
Liefling-Kinders van die wind is
om ander te vermaak,
so hy sit seker nou
en steek die draak
met Bles wat nie
nou meer na die
sterre reik nie,
maar tussen hulle bly
met Cora Marie
omdat sy nou Jesus
se mooiste roos is
met Johannes Kerkorrel
omdat die vent
‘n musiekinstrument
vir ‘n van het
met Koos Doep en Gé
omdat hulle en hy
nou God se
Liefling-Kinders van die wind is
Friday, January 21, 2011
Lewe jou lewe so
dat ander oor
jou sal huil
as jy die tydelike
met die ewige verruil –
nie omdat hulle
van jou ontslae is
nie, maar omdat
hulle jou gaan mis
jou sal huil
as jy die tydelike
met die ewige verruil –
nie omdat hulle
van jou ontslae is
nie, maar omdat
hulle jou gaan mis
Thursday, January 20, 2011
Wense vir jou op jou verjaarsdag
Opgedra aan Doktor Suzanne
Waar jy die nuwe jaar
saam met God invaar
is my wense vir jou
dat Hy jou sal vashou
wanneer stormwaters
om jou begin woed,
dat ‘n reënboog
vreugdeskleure jou
na elke storm sal begroet
en dat Sy sonskyn-
liefde vir jou nooit as
te nimmer sal verdywn nie.
Waar jy die nuwe jaar
saam met God invaar
is my wense vir jou
dat Hy jou sal vashou
wanneer stormwaters
om jou begin woed,
dat ‘n reënboog
vreugdeskleure jou
na elke storm sal begroet
en dat Sy sonskyn-
liefde vir jou nooit as
te nimmer sal verdywn nie.
Tuesday, January 11, 2011
Uitoorlê
Klein Jannie wou
nog altyd weet
hoe Kersvader
van naderby lyk.
Hy los toe vir hom
allerhande lekkernye
in die sitkamer om te eet.
Skaars het Kersvader ‘n
happie van die sjokolade gevat
of hy kies hasepad toilet toe.
Klein Jannie het natuurlik
die sjokolade gedokter,
maar vir niemand vertel nie.
Toe Kersvader roep:
“Vrou, bring vir my toiletpapier!”,
toe skree Jannie:
“Kersvader is hier!”
nog altyd weet
hoe Kersvader
van naderby lyk.
Hy los toe vir hom
allerhande lekkernye
in die sitkamer om te eet.
Skaars het Kersvader ‘n
happie van die sjokolade gevat
of hy kies hasepad toilet toe.
Klein Jannie het natuurlik
die sjokolade gedokter,
maar vir niemand vertel nie.
Toe Kersvader roep:
“Vrou, bring vir my toiletpapier!”,
toe skree Jannie:
“Kersvader is hier!”
Monday, January 10, 2011
Die ou oom wat tjeks uitskryf vir 'n tydverdyf
Dankie vir die inspirasie, Oom Willie
Daar in die Kalahari
doen die kerk 1 maal
in 3 maande huisbesoek
en van Oom Koos se tjeks
hou die dominee boek.
Elke liewe keer
gee Oom Koos ‘n
duisend rand meer.
Toe die bank vir die
derde maal Oom Koos
se tjek terugstuur
het Dominee Verwey
besluit tot hier
toe en nie verder nie.
Hy’t vir Oom Koos gebel
en vir hom vertel
van al die kere
wat sy tjeks teruggestuur is.
Oom Koos belowe
toe vir Dominee
‘n bees om op te bie.
Tydens die jaarlikse
kerkbasaar was die
hele dorp daar.
Teen die middag se kant
het die bees op die tafel beland
en het die manne
nader gestaan vir die veiling.
Elke keer is die bod toegeslaan
op Oom Koos wat daar
eenkant staan en pruim het.
Toe dit kom by betaal
het hy sy tjekboek uitgehaal...
Daar in die Kalahari
doen die kerk 1 maal
in 3 maande huisbesoek
en van Oom Koos se tjeks
hou die dominee boek.
Elke liewe keer
gee Oom Koos ‘n
duisend rand meer.
Toe die bank vir die
derde maal Oom Koos
se tjek terugstuur
het Dominee Verwey
besluit tot hier
toe en nie verder nie.
Hy’t vir Oom Koos gebel
en vir hom vertel
van al die kere
wat sy tjeks teruggestuur is.
Oom Koos belowe
toe vir Dominee
‘n bees om op te bie.
Tydens die jaarlikse
kerkbasaar was die
hele dorp daar.
Teen die middag se kant
het die bees op die tafel beland
en het die manne
nader gestaan vir die veiling.
Elke keer is die bod toegeslaan
op Oom Koos wat daar
eenkant staan en pruim het.
Toe dit kom by betaal
het hy sy tjekboek uitgehaal...
Sunday, January 9, 2011
Doodgebore moederhart
As my polsslag flou is
en my asemhaling vlak,
dan is dit die doodsangs
wat my om my keel beetpak
die kere wat jy my menswees
vernietig soos wat ‘n mens
‘n tent sal opbreek,
en ek ‘n aborsie beleef.
Dien my dan eerder genadedood toe
voor jy my verwens voor familie, Ma.
en my asemhaling vlak,
dan is dit die doodsangs
wat my om my keel beetpak
die kere wat jy my menswees
vernietig soos wat ‘n mens
‘n tent sal opbreek,
en ek ‘n aborsie beleef.
Dien my dan eerder genadedood toe
voor jy my verwens voor familie, Ma.
Saturday, January 1, 2011
Nuwejaarsgroet
Koewie, jou spesiale mens!
Ek sit sedert Oujaarsdag
in jou “Inbox” en wag,
want ek wil die eerste een
wees om vir jou tonne seën
vir 2011 toe te wens.
Ek sit sedert Oujaarsdag
in jou “Inbox” en wag,
want ek wil die eerste een
wees om vir jou tonne seën
vir 2011 toe te wens.
Subscribe to:
Posts (Atom)