Tuesday, July 27, 2010

Bybedoelende bepaler van my lot

As ons bedoel is
vir mekaar dan
sal jy jou berus
by die feit dat
daar geen seks
voor die huwelik
sal wees en my nie
in ‘n blik wil druk.

As ons bedoel is
vir mekaar dan
sal jy jou berus
by die feit dat
ek net soene en
drukkies uitdeel
en ouens se hande
vashou as ‘n reël.

As ons nie vir
mekaar bedoel is
sal ek my berus
by die feit dat
daar ander planne
met my lewe is...

Sunday, July 18, 2010

YO-YO





























Feel it, it is here

Vir ons nasie
is jy 'n inspirasie;
'n ikoon
van die land waarin jy woon.

So 'n spesiale mens
soos jy,
Madiba,
verdien 'n spesiale wens
op jou
92ste
verjaarsdag.

My wens vir jou op hierdie dag
is dat jou liggaamskrag
nie gou sal opraak
nie; dat jy miljoene mense met jou
Madiba Magic
vorentoe sal kan aanraak.

Thursday, July 15, 2010

Hy's Vandag, Môre, Altyd Saam

Swaarkry vertoon op
die wit van jou
kneukels as jy jou
hande in gebed saamvou
terwyl bekommernis wys
op die lyne van jou gesig
wanneer jy vra vir hulp
en jou oë op Hom rig.

In stilligheid weet ek
al voel dit nie so
en al wil 'n mens
dit nie altyd glo...
Hy
is saam met jou hierin.

Jy moet net vasklou
aan die wete dat
Hy jou in die holte
van Sy hand hou.





Morning greeting

O773H

PS Remember to turn the page upside down

Môregroet

O773H

Ns. Onthou om die bladsy onderstebo te hou

Tuesday, July 13, 2010

Anél

Aan 'n baie spesiale
Niggie
Ek hoop jy't 'n
Lieflike verjaarsdag

LeKkEr VeRjAaR rObElLe!!

As ek reg onthou
draai die datum
op die kalender
vandag om jou.

Vergun my die
geleentheid om
vir jou te sê
ek hoop jy gaan
'n WOES lekker
verjaarsdag hê.

Tesame hiermee
wil ek met my
gedagtes vir jou
'n drukkie gee.

Saturday, July 10, 2010

Ruskans

'n
Kit Kat
breek

is
wat
jy

nodig
het
aan

die
einde
van 'n

vermoeiende
week

Thursday, July 8, 2010

Bestraal my, Here

Here, gee dat die wintersonnetjie
wat nou nog lyf wegsteek, my
vandag met vergewensgesindheid
sal bestraal in so 'n mate dat die
ysigheid in my gestel nie sal
sluimer nie, maar sal smelt.

Gee dat liefde vir my medemens
in my hart opbloei sal beleef
en later so sterk sal word soos
die intensiteit van die hitte wat
die Afrikason in die somer uitstraal.

Mag my liefdespassie nooit
geblus word nie, veral nie die
slag as die mense om my
hul ware kleure wys nie.

Wednesday, July 7, 2010

Vullende resepte

Daar was die boontjies
met stukkies bacon;
macaroni-en-kaas met
uie en tamatie in;

die soet-suur sous
by die niertjies;
as Lukas kom kuier -
'n beker van sy koei se bies;

die wildspastei waarvan
ek nie genoeg kon kry;
die viennas was in die
vorm van vurktande gesny;

diabeetbeskuit in die rooi blik
met die geel sterretjies op;
die vorige dag se oorskietkos
in die volgende dag se sop;

die Oats pap wat soggens voor
ontbyt op die stoof staan en prut;
gaargemaakte patats
was met skil en al voorgesit;

niemand se roereiers was
so lekker soos Ouma s'n
en mense wat kan aartappelskyfies
bak soos Ouma is maar min;

die souskluitjies wat onder geen
omstandighede mag "toeslaan"
en ek wat te klein en dom was
om die betekenis te verstaan;

so lief soos wat Ouma daarvoor
was om rou uie te sit en eet,
so lief was ons kleinkinders
vir die afgeskilde, gaar beet.

Daar is nou wel nie 'n resep
om die dood vry te spring,
maar wel waarheid in die feit dat
herinneringe versadigheid bring.




















Tuesday, July 6, 2010

Sintuiglike waarneming van bipolêre depressie

Ek ruik jou
teenwoordigheid
nog voordat jou
klokhelder lag

deur my gedagtes
se stilswye breek.
Wat ek vir jou voel
is 'n bittersoet smaak,
want sien...
al maak jy my
seer bly ek steeds
lief vir jou.

Jou siektetoestand hou my
op my knieë, so kry ek
bomenslike krag
om deur te kan druk elke dag.