Vriendinne is nes
tuingereedskap.
Hulle hark jou
versplinterde drome
bymekaar, gooi dit in
die asblik
en spit die seer
weg deur daaroor te grap.
So sorg hulle nes grafies dat
jy weer op gelyke voet met hulle is.
Met trane van blydskap lei hulle
jou nat as jy 'n nuwe mens daar
uitsien danksy hul drukkies
kunsmisliefde wat maak dat jy floreer.
Tuingereedskap. 2001. Beskikbaar te: http://www.kiwiboer.virafrikaans.com/images/tuingereedskap2.jpg. Datum geraadpleeg: 24 Julie 2010.
No comments:
Post a Comment