Sunday, June 27, 2010

Vul my, Here

Geskryf na aanleiding van Duitsland se sege van 4-1 teenoor Engeland en die preek op die 27ste Junie 2010 by die Nederduitse Gereformeerde Kerk Unitaspark

Vul my vanaand met
U Heilige Gees
in die mate waarin Duitsland
deelneem aan die sokkerfees.

Saturday, June 26, 2010

Vier seisoene verder

Vroeg vanoggend het
ek aan jou deur geklop,
maar met die winterslaap
staan jy soggens laat op.

Ek het toe maar my
oë opgeslaan na Hom
en gevra dat Hy jou
hart sal laat blom.

Ook het ek Hom gevra
om jou te seën -
dat emmers vol van
liefde op jou sal neerreën.

Hy het my belowe dat
Sy lig in jou lewe sal skyn,
selfs al verloor blare hul kleur
en begin die somerson te kwyn.

Thursday, June 24, 2010

My superhero pappa

By my pappa geniet ek
Batman
se beskerming
as sy hande my soos
Spiderman
se web omring

Sunday, June 20, 2010

'n Vrou se tuingereedskap

Vriendinne is nes
tuingereedskap.
Hulle hark jou
versplinterde drome
bymekaar, gooi dit in
die asblik
en spit die seer
weg deur daaroor te grap.
So sorg hulle nes grafies dat
jy weer op gelyke voet met hulle is.
Met trane van blydskap lei hulle
jou nat as jy 'n nuwe mens daar
uitsien danksy hul drukkies
kunsmisliefde wat maak dat jy floreer.

Tuingereedskap.  2001.  Beskikbaar te:  http://www.kiwiboer.virafrikaans.com/images/tuingereedskap2.jpg.  Datum geraadpleeg:  24 Julie 2010.

Tuesday, June 15, 2010

Wense vir ‘n waterwyser

Spesiaal geskryf vir Oom Johan

Mag jy nie jou geld
in die water gooi;
met spyt dink aan die
boorkontrakteur se fooi.

Mag die volgende gat
wat jy beplan om te sink
galonne water spuit wat
‘n mens sal kan drink.

Water drill.  2010.  Available at:  http://product-image.tradeindia.com/00171755/b/0/Water-Well-Drilling-Rig-PRD-Max-Drill-2000-.jpg.  Accessed:  24 July 2010.

Monday, June 7, 2010

Maak my gee 'n neem, Here

Gee dat ek nie
langer in gebed
sal vra: "Here, gee
my wat ek nodig het!"

Gee dat ek eerder
in die vervolg sal sê:
"Neem my en maak
my soos U wil hê!"

Sunday, June 6, 2010

Voorskriftelike bepalings

Jy mag my
vashou,
maar
moenie my
versmoor
nie

Jy mag my
soen,
maar
moenie met
my liggaam
mors
nie

Jy mag my
hartsnare
roer,
maar
moenie dit
breek
nie

Jy mag my
joune
noem net
as jy nie
die reëls
verontagsaam
nie