Opgedra aan Tannie Adrie
Ek wou 'n kaartjie koop,
want ek het gehoop
dit sou mooi woorde inhê
wat presies vir jou sal sê
hoe baie jy vir ander beteken.
Later het ek selfs gereken
dat 'n boksie sjokolade
sal kan opmaak vir jou dade.
Ook het ek gedink aan blomme,
maar toe maak ek my somme -
baie mense is wel daarmee behep,
maar op die einde gaan dit verlep.
Ek gaan nou maar self vir jou sê -
dis wonderlik om jou in my lewe te hê!
No comments:
Post a Comment