In antwoord op Joan Hambidge se gedig “Vlugvertraging”
Die digter is op sy
gelukkigste die oomblik
as versreëls nes water
van ‘n eend se rug afrol
en hulself staanmaak
op die blanko papier
terwyl die muse sy
tuiskoms met klapperende
vlerke aankondig onder
dawerende applous
van die leser.
No comments:
Post a Comment