Dis die begin van sy matriekjaar -
oor ’n paar maande maak hy klaar.
Mag hy hom op kulturele gebied
vir oulaas vanjaar gate uit geniet.
As hy nie oor sportprestasies kan lag -
gee dat hy hom nie minderwaardig ag.
Gee dat hy sal berus in die feit -
om weer te leer loop vat maar tyd.
Mag sy verstand glashelder wees
sodat hy dit sal onthou wat hy lees.
Gee dat hy Teologie kan gaan studeer -
hy wat ander nog altyd van U wou leer.
Ek het nou wel nie veel om hom te bied,
maar kan vra dat hy U goedheid mag geniet.
Sunday, February 28, 2010
Friday, February 26, 2010
Moederliefde
het 'n buitengewone
moeilikheidsgraad,
want dit
omwentel
die
som
van ‘n kind
se bestaan
sonder om te
verminder
by aanvaarding
van die
onveranderlike;
nie eers ‘n
verlies
aan respek
kan dit
halveer
nie en dit
vermenigvuldig
by die aanhoor
van goeie nuus.
Tuesday, February 23, 2010
Gebed vir die voorsitter
Here, tot dusver het dit
buitengewoon goed gegaan
met hierdie man wat
bo sy makkers uitstaan.
Gee dat hy nie die
vertroue sal skend
van sy volgelinge wat
hulself na hom wend.
Gee dat hy sy skool
se naam nie sal skaad
aandoen, maar leerkragte
met lof van hom sal praat.
Gee dat hy probleme
effektief sal hanteer
en nie alewig ander
soek om te blameer.
Gee dat hy ten alle
tye nederig sal bly;
homself steeds daagliks
aan U woord sal wy.
Monday, February 22, 2010
Soekend na U
As ek teen 'n muur vas bid -
my gebede onbeantwoord bly -
dan dink ek aan die ruimtereisiger
wat vertel het hy kon U nêrens kry.
Dis dan dat ek soos Job in hoofstuk
23 geneig is om angsbevange te raak
en Satan my allerhande dinge
omtrent godverlatenheid wil wysmaak.
Here, vergewe my asseblief my
swakheid die kere wat Thomas
se ongelowigheid posvat in my en ek
in my soeke na U, U heeltemal mistas.
my gebede onbeantwoord bly -
dan dink ek aan die ruimtereisiger
wat vertel het hy kon U nêrens kry.
Dis dan dat ek soos Job in hoofstuk
23 geneig is om angsbevange te raak
en Satan my allerhande dinge
omtrent godverlatenheid wil wysmaak.
Here, vergewe my asseblief my
swakheid die kere wat Thomas
se ongelowigheid posvat in my en ek
in my soeke na U, U heeltemal mistas.
Friday, February 19, 2010
Slaaptydstories
Voor Klaasvakie
se sand veroorsaak
dat jy van moegheid
aan die slaap raak
moet die vent net
eers ’n bietjie wag,
want ek het nog
nie vir jou gesê “Nag!”
se sand veroorsaak
dat jy van moegheid
aan die slaap raak
moet die vent net
eers ’n bietjie wag,
want ek het nog
nie vir jou gesê “Nag!”
Friday, February 12, 2010
Sunday, February 7, 2010
Bron van kwaad
Die boom van kennis van goed
en kwaad is nie die enigste
bron van kwaad nie, maar ook
die mens se tong wat skade
van onbeperkte omvang aanrig
weens die mens se onvermoë
om die impak van sy woorde
op ‘n ander se ego te bepaal.
en kwaad is nie die enigste
bron van kwaad nie, maar ook
die mens se tong wat skade
van onbeperkte omvang aanrig
weens die mens se onvermoë
om die impak van sy woorde
op ‘n ander se ego te bepaal.
Saturday, February 6, 2010
Sondige natuur
As 'n ma sê haar kinders baklei
soos Kain en Abel dan is sy die
Eva vir wie die slang verlei het.
soos Kain en Abel dan is sy die
Eva vir wie die slang verlei het.
Friday, February 5, 2010
www.blogoormyself.com
Oh my Word!
Jy kon nie eers
die som van my
bestaan bereken
in Excel nie, maar
jy wil ‘n navraag skep
in Access oor my
profiel in PowerPoint
wat nou in Outlook
se lêergidse lê
omdat ek nie
daarin kon slaag om
myself te Publish(er)
op jou FrontPage nie.
Jy kon nie eers
die som van my
bestaan bereken
in Excel nie, maar
jy wil ‘n navraag skep
in Access oor my
profiel in PowerPoint
wat nou in Outlook
se lêergidse lê
omdat ek nie
daarin kon slaag om
myself te Publish(er)
op jou FrontPage nie.
Thursday, February 4, 2010
Buitengewone bedrag
Mag Hy jou kroon as
wenner van Sy
vreugde, vrede,
genade en goedheid
in die lewensjaar
wat voorlê en jy
vergeet van verliese
van die vorige jaar
as Sy liefde maak dat
jou balansstaat klop.
wenner van Sy
vreugde, vrede,
genade en goedheid
in die lewensjaar
wat voorlê en jy
vergeet van verliese
van die vorige jaar
as Sy liefde maak dat
jou balansstaat klop.
Tuesday, February 2, 2010
Digterlike inspirasie
In antwoord op Joan Hambidge se gedig “Vlugvertraging”
Die digter is op sy
gelukkigste die oomblik
as versreëls nes water
van ‘n eend se rug afrol
en hulself staanmaak
op die blanko papier
terwyl die muse sy
tuiskoms met klapperende
vlerke aankondig onder
dawerende applous
van die leser.
Die digter is op sy
gelukkigste die oomblik
as versreëls nes water
van ‘n eend se rug afrol
en hulself staanmaak
op die blanko papier
terwyl die muse sy
tuiskoms met klapperende
vlerke aankondig onder
dawerende applous
van die leser.
Monday, February 1, 2010
Solitêr
Een alleen kan 'n
verhouding nie laat
vlot nie, maar wel
twee se gevoelens
wat ewe sterk is.
‘n Liefdes(drie)hoek
moet vermy word –
so word verseker
dat niemand seerkry
nie en liefde seë(vier).
***
genoeg rede vir die
joker om van oor
tot oor te glimlag as
die koningin van
harte die koning s’n
inpalm en hare
maak en hy homself
oplaas liefderik bo-
op haar neerwerp.
verhouding nie laat
vlot nie, maar wel
twee se gevoelens
wat ewe sterk is.
‘n Liefdes(drie)hoek
moet vermy word –
so word verseker
dat niemand seerkry
nie en liefde seë(vier).
***
genoeg rede vir die
joker om van oor
tot oor te glimlag as
die koningin van
harte die koning s’n
inpalm en hare
maak en hy homself
oplaas liefderik bo-
op haar neerwerp.
Subscribe to:
Posts (Atom)