Wednesday, March 21, 2012

In stille gebed


Vanoggend toe ek
my Bybel oopmaak
toe sien ek jou raak
en sê:  “Dankie Liewe Jesus
vir die voorreg wat
ons gehad het om
daardie engel van ‘n vrou
met U te kon deel! 
Gee vir haar ‘n drukkie
van my af en sê
daar gaan nie ‘n dag om
wat ons haar nie mis nie.”

Saturday, March 17, 2012

I am what I am


Dat ek IS is te danke aan
Liewe Jesus se liefde vir my
en
my ouers se liefde vir mekaar,

maar wie en wat ek is
word bepaal deur

God se GENADE,
my ouers se opofferings,
my ouma se omgee,
Tannie Adrie se hope geloof en liefde,
leerkragte se leiding,
raad van kollegas

en

my wil om te besluit
wat ek gaan maak
met dit wat na my kant toe kom.

Tuesday, January 31, 2012

Gedagte vir die dag – 31 Januarie 2012

Ware vriendskap is
om gecuddle te word
as jy liefde kort

en om

gehug te word
terwyl jy net
'n skouer kort
om op te huil.

Tuesday, January 24, 2012

‘n Bossie blomme vir jou

Liewe Mamma, dis
vir jou met die wense
dat jy ʼn mooier dag sal
hê as die blomme...
ʼn dag so mooi soos
die mens wat jy is.

Friday, January 13, 2012

Asterix

Jy het seker
comics gelees,

want dit wat
jy my vertel
en dit wat my
sterre voorspel

strook nie.

Saturday, January 7, 2012

Sent From Heaven


Aan:  Liewe Kind

Onderwerp:  Spesiaal vir jou

Boodskap:

Ontvang hierby
aangeheg

my liefde so vurig
soos ‘n vulkaan,

my omgee so
groot soos
‘n oseaan

en my geloof
in jou so hoog
soos ‘n berg.

Sent from Heaven


To:  Dear Child

Subject:  Especially for you

Message:

Find hereby
attached

my love
as fiery
as a
volcano

my care
as big
as an
ocean

and my
faith in you
as high
as a mountain.