Sunday, January 1, 2012

‘n Leeftyd se stories (Deel 3)


En so is daar ‘n
stopteken geplaas
aan die einde
van bladsy 2011...

’n jaar vol van
uitroepe van ongeloof

en

vraagtekens
van verbasing.

Plek-plek waar
daar ‘n komma is
het ons ‘n wyle gerus
om moed te skep
vir die verloop
van omstandighede
en tussen hakkies het
ons uitgebrei op ervaringe.

Die volgende bladsy
is genommer 2012
en dit staar ons
spierwit in die gesig.

Die taak is ons s’n
om die lief en leed
te begin neerpen.

Vet op vuur


Liefste Mamma,

jy’t die
fondasie
gelê met daai
6-letter woord

wat hulle
LIEFDE
noem;

in tye van nood
is jy vir my soos
‘n pillar van strength

en dit terwyl ek
die konstruksie
van ons verhouding
net al hoe skewer trek
met my donnerse
hardkoppigheid.

Ek’s jammer ek’s
vir jou meer
van ‘n verleentheid
as enige iets anders

met dié dat jy nie met
my kan loop en
spog by ander nie.

Voor my
mix van emotions
my gaan oorweldig
gaan ek ‘n punt sit
aan die einde van my
so-fucken-sorry-brief
met die wete dat
Yours Truly lief is vir jou...

no matter what die
volgende fight gaan inhou.

Friday, December 23, 2011

Drama


Voor ek ‘n Oscar
kry vir gek-wees
oor ek my eie
lewe neem
speel ek eerder
die Hofnar wat
aandag trek met
‘n gelukkige einde.

Drama

Before I’m
awarded
an Oscar

for acting
like an idiot
by committing
suicide,

I’m rather the
center of
attention by
being a Joker
who lived
happily ever after.

Gedagte vir die dag – 23 Desember 2011


Tree elke
dag op
asof dit
Kersfees is,

want dis
‘n geskenk
van God.

Thought of the day – 23 December 2011

Act everyday
as if it is
Christmas
because it’s
a present
from God.