Tuesday, August 31, 2010

Drank is ‘n euwel

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BEGEERTE
DIEPTE
PREWEL

Vir jare het die
ou tannie
probeer uitvind
wie die vrou is
op wie haar
man
maandeliks sy
salaris spandeer.

Eers die dag met
hul 50ste
huweliksherdenking
kon sy hond haaraf
maak toe die
ou oom opstaan,
‘n sluk uit die
brandewynbottel
wegslaan
en prewel:

“My liefste, jy wat
elke brandende
begeerte in my ken...
jou liefde meet ‘n
mens nie in terme
van seks nie,
maar in terme
van jou diepte.”

Saturday, August 28, 2010

By die herdenking van ‘n huwelik

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WEERGALM
BELOFTE
OPREGTHEID

As jou belofte
“tot die dood ons skei”
in my ore weergalm
dan twyfel ek nie vir
‘n oomblik aan die
opregtheid daarvan nie,

want deur moeilike tye heen
kon ons op mekaar steun.
Die skaafwerk aan mekaar
het ons
EEN
gemaak in geloof -
in God
en in onsself.

Ons geluk het
ons met mekaar
gedeel
en nie toegelaat
dat derde partye dit
steel.

Ons rykdom lê nie
opgesluit in ons huis
of die motors daar buite,
maar in ons kinders
en
hulle spruite.

Kyk ek terug
dan besef ek –
jy maak my
volkome gelukkig.
Schoolplaten.com.  2010.  Huweliksbootjie.  Beskikbaar te:  http://www.schoolplaten.com/kleurplaat-huwelijksbootje-i5707.html.  Geraadpleeg 28 Augustus 2010.

Wednesday, August 25, 2010

Kriteria om jou nasionaliteit te bepaal

Jy mag wel
vervaardig
wees in
Suid-Afrika,
maar jy’s nie
Trots Suid-Afrikaans

alvorens die polisiehoof
jou beroof,
jy kwaad raak
as taxi’s hul
eie padreëls maak,
jy ‘n pap wiel kry
as jy deur ‘n slaggat kry
en

jou versoek om verhoging
en gepaardgaande staking
absoluut niks meebring
nie

SA Stud Book.  n.d.  Proudly South African.  Available at:  http://www.studbook.co.za/images/prsa.jpg.  Accessed 25 August 2010.

Tuesday, August 17, 2010