Ek wil hê die hemel
moet my woonplek wees,
maar maak nie aldag tyd
om my Bybel te lees.
Ek probeer hard om
volgens U Wet te handel,
maar geniet dit ook om op
die breë weg te wandel.
Ek het hoeveel keer
vir U om vergifnis gevra
en myself dae later
net soos voorheen gedra.
Vanaand wil ek in stille
gebed by U kom pleit –
help my vir die soveelste
maal met my sondaarstryd.
Ek wil na U toe terugdraai
voordat dit te laat is
en voortaan die afdraaie
van verderf totaal en al mis.
Gee dat ek genoeg
innerlike krag sal hê
om in die toekoms
vir sonde nee te kan sê.
Tuesday, March 30, 2010
Sunday, March 28, 2010
57 herfsjare
Here, party families se vaders
word vroeg reeds van hulle
af weggeneem in die lewe.
Terselfdertyd is daar kinders
wat nie eers weet wie
hul aardse vaders is nie.
Dit het my laat besef hoe
gelukkig ons is om nog
ons pa by ons te kan hê.
Vandag wil ons vir U sê
DANKIE
vir die sewe en vyftig herfsjare
wat Pappa met sy grys hare
deel van ons lewens kon wees.
Wednesday, March 24, 2010
Bevordering
Geluk
met jou
aanstelling!
Ek hoop jy
vind gou jou
voete
met al die
werksaamhede
en goete
en dat dit
geluk
sal bring.
met jou
aanstelling!
Ek hoop jy
vind gou jou
voete
met al die
werksaamhede
en goete
en dat dit
geluk
sal bring.
Saturday, March 20, 2010
Moeilike mens
Voorheen het ek
nie regtig geweet
wie of wat presies
jy nou eintlik heet
nie, maar nou’t ek jou
mikroskopies ontleed
en pak ek jou nie meer
sonder handskoene beet.
nie regtig geweet
wie of wat presies
jy nou eintlik heet
nie, maar nou’t ek jou
mikroskopies ontleed
en pak ek jou nie meer
sonder handskoene beet.
Tuesday, March 16, 2010
Vlieg in jou @!#*
Ek het jou op
‘n troontjie
geplaas,
maar jy’t
afgebliksem
die dag toe
jou woorde
my soos ‘n
bliksemstraal
getref het.
As jy kyk
sal jy sien
die plek
in my hart
waar jou
woorde
my getref
het vertoon
spierwit,
want ek
voel fokkol
vir mense
wat my
integriteit in
twyfel trek.
‘n troontjie
geplaas,
maar jy’t
afgebliksem
die dag toe
jou woorde
my soos ‘n
bliksemstraal
getref het.
As jy kyk
sal jy sien
die plek
in my hart
waar jou
woorde
my getref
het vertoon
spierwit,
want ek
voel fokkol
vir mense
wat my
integriteit in
twyfel trek.
Friday, March 5, 2010
Gebed van die vroue van Afrika
Ons vergader tesaam -
vroue van oraloor –
om vandag U naam
in gebed aan te roep.
Sal U soos ‘n held
van ouds ons en
ons kinders beskerm
teen wêreldse geweld?
Skenk ons krag
vir die rolle wat ons
vervul elke dag
van ons bestaan –
van waar ons vir
kinders moet ma speel
tot waar ons ons
liefde met mans deel.
U ken elke enkelma
by haar naam en
daarom wil ons vra –
seën hulle finansieel.
Gee dat ons U liefde
eerstehands ervaar
as mans egskeidings
teen ons verklaar.
Help ons baklei
teen Satan sodat hy
nie die oorhand kry
in ons lewens nie
en gee dat verlore
vrouesiele sal wis
dat hulle sonder U
absoluut niks is.
Maak die van ons
wat onsself afsloof,
maar steeds arm bly,
asseblief ryk in geloof.
vroue van oraloor –
om vandag U naam
in gebed aan te roep.
Sal U soos ‘n held
van ouds ons en
ons kinders beskerm
teen wêreldse geweld?
Skenk ons krag
vir die rolle wat ons
vervul elke dag
van ons bestaan –
van waar ons vir
kinders moet ma speel
tot waar ons ons
liefde met mans deel.
U ken elke enkelma
by haar naam en
daarom wil ons vra –
seën hulle finansieel.
Gee dat ons U liefde
eerstehands ervaar
as mans egskeidings
teen ons verklaar.
Help ons baklei
teen Satan sodat hy
nie die oorhand kry
in ons lewens nie
en gee dat verlore
vrouesiele sal wis
dat hulle sonder U
absoluut niks is.
Maak die van ons
wat onsself afsloof,
maar steeds arm bly,
asseblief ryk in geloof.
Thursday, March 4, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)