Monday, November 30, 2009

Hardkoppigheid

Jy behoort uit jou foute te leer;
nie ander daarvoor te blameer!
Jy wat nou in die stof byt –
die argitek van jou eie moeilikheid.

Saturday, November 28, 2009

God se goedheid

Hy beskerm teen die kwaad;
Hy luister as ons wil praat;
Hy voorsien as ons vra;
Hy sal ons deur storms dra.

Hy vertroos as ons hartseer is;
as ons moeg is gee Hy rus;
Hy vergewe as ons sondig –
uit genade – nie uit plig.

Adrie

Opgedra aan Adrie van Dyk

Almal se vriendin
Dierbare mens
Regterhand vir baie
Innemende geaardheid
Eerlik soos goud

Thursday, November 26, 2009

God se bruikleenooreenkoms

Hy leen ons slegs uit
vir ‘n bepaalde tyd.
Hy vat as ons dit nie verwag –
helder oordag - selfs laatnag.

Wednesday, November 18, 2009

Tegnies gesproke

Jou naam en nommer gestoor
in my leesalleengeheue;
nooit sou ek dit kon verloor
behalwe deur dit af te vee.

My inligting was gestoor
in jou lees- en skryfgeheue,
jy’t die vonkel in jou oë verloor,
my gegewens uit jou geheue gevee.

Sunday, November 15, 2009

Middelpunt

Julle is alewig aan die baklei
nes twee honde oor ‘n been
EK
Wie gaan die oorhand kry
oor die komende weke heen?

Saturday, November 14, 2009

Seënwense

Spesiaal geskryf vir Tannie Adrie se verjaarsdag van die 10de

Mag Hy Sy seën op jou uitstort
sodat jy stokoud sal word.
Mag Hy Sy engele opdrag gee
om jou te beskerm elke tree.

Mag jy voorspoed op vele terreine geniet
en teenspoed in die toekoms die hoof bied.
Mag Hy Homself aan jou openbaar
en jy daagliks Sy liefde ervaar.