Opgedra aan Doktor Suzanne Bester
Sy het op alles 'n antwoord
Uitnemend in haar werk
Zero verdraagsaamheid as jy haar ignoreer
Altyd in beheer van situasies
Nie een wat haar maklik vervies
Naas haar liefde vir die mens is dié vir diere onbeperk
Enig in haar soort
Saturday, October 31, 2009
Sunday, October 25, 2009
Brandmerk
(Die letsels van masochisme)
Elke letsel vertel ‘n ander storie –
stories wat niemand wil hoor nie;
stories van pyn en leed
waarvan ‘n mens moeilik vergeet.
Elke letsel vertel ‘n ander storie –
stories wat niemand wil hoor nie;
stories van pyn en leed
waarvan ‘n mens moeilik vergeet.
Friday, October 23, 2009
Diepere betekenis
(Jou naam sê soveel
- jy's 'n engelmens -
ek het my nie verbeel)
Reguit
Oppad
Na
Éwige
Lewe
- jy's 'n engelmens -
ek het my nie verbeel)
Reguit
Oppad
Na
Éwige
Lewe
Sunday, October 18, 2009
Lesbiese liefde
By 'n vrou het sy liefde gevind,
maar steeds bly sy jou kind.
Dit maak nie van haar minder mens;
aanvaarding is haar grootste wens.
Jou opvoeding was foutloos,
daaraan kan jy jouself troos.
Verkragtings het hulself daartoe ontleen;
nie ‘n afwyking in een of ander geen.
Hou op om jouself te verbeel
jy’s God wat kan regter speel!
Sy regterlike mag is nie aan jou oorgedra.
“Wees haar moeder” het Hy jou gevra.
maar steeds bly sy jou kind.
Dit maak nie van haar minder mens;
aanvaarding is haar grootste wens.
Jou opvoeding was foutloos,
daaraan kan jy jouself troos.
Verkragtings het hulself daartoe ontleen;
nie ‘n afwyking in een of ander geen.
Hou op om jouself te verbeel
jy’s God wat kan regter speel!
Sy regterlike mag is nie aan jou oorgedra.
“Wees haar moeder” het Hy jou gevra.
Saturday, October 17, 2009
Homoseksualiteit
Party sê dis weens gebeure uit jou verlede
en jy kan daaroor kom d.m.v. gebede.
Ander sê dis in jou gene vasgelê
om iemand van dieselfde geslag lief te hê.
Menings kom uit soveel monde –
daar’s die wat sê dis sonde –
ander sê weer dis reg.
Is dit dan nou goed of sleg?
en jy kan daaroor kom d.m.v. gebede.
Ander sê dis in jou gene vasgelê
om iemand van dieselfde geslag lief te hê.
Menings kom uit soveel monde –
daar’s die wat sê dis sonde –
ander sê weer dis reg.
Is dit dan nou goed of sleg?
Friday, October 16, 2009
Ode aan die baas
(Opgedra aan Doktor Ronél Ferreira)
Sy neem die voortou;
sy moet almal gelukkig hou;
aan die departement se beeld bou;
met almal se doen en late tred hou;
sy't tientalle vergaderings om by te woon;
moet navrae hanteer oor die foon;
vir die departement is sy 'n ikoon –
met die Samuel H Prince-toekenning beloon;
van haar word verwag om te verstaan
en met tye vure dood te slaan;
soms moet sy selfs vermaan;
sonder haar sal als en almal vergaan.
Sy neem die voortou;
sy moet almal gelukkig hou;
aan die departement se beeld bou;
met almal se doen en late tred hou;
sy't tientalle vergaderings om by te woon;
moet navrae hanteer oor die foon;
vir die departement is sy 'n ikoon –
met die Samuel H Prince-toekenning beloon;
van haar word verwag om te verstaan
en met tye vure dood te slaan;
soms moet sy selfs vermaan;
sonder haar sal als en almal vergaan.
Thursday, October 8, 2009
Spreekbuis en vinger wys se duur prys
Waar die hart van vol is,
loop die mond van oor.
Ek’t jou etikettering gehoor –
onthou net - gis laat mis.
Subscribe to:
Posts (Atom)