Sunday, July 13, 2014

Sprokie vir ‘n Godskind



Eendag lank, lank gelede
op hierdie dag
was ‘n dogtertjie gebore.

Later was sy ‘n
vrou, ma, ouma en
vriendin van vele.

Tot op ‘n dag

toe Liewe Jesus
haar kom haal het
en ons met
trane agtergelaat het.

Vandag is dit die
herdenking van haar
geboortedag en
ons dink met
liefde terug
aan die baie spesiale

Margaret

wat ons
Net ‘n tydjie
Geleen was.

Ek hoop vandag
is ‘n fees
en sou wat wou gee
om by jou te wees.

Geniet die jolyt,
hoop jy’t ‘n
jol van ‘n tyd
daar bo by Jesus!

Liefde, Ons almal

Sunday, May 11, 2014

Elke ma



is ‘n

Gawe van God
En
Spesiaal geskape om
Kinders rond te dra
En mooi
Na hulle te
Kyk soos Hy vra

tot Hy weer kom
en hulle opeis

by wyse van die dood
– klein of groot –
dit maak nie saak nie

en verdien daarom die

Beste behandeling
En daarmee
Saam respek,
Tonne liefde
En waardering

Wednesday, May 7, 2014

Verkiesingsflater




Moenie vir Nkandla
doodtrek
as jy daarvan hou,
maar wel die Blou
as jy haat
om te verloor.

Wednesday, September 4, 2013

Wat is ‘n Sekretaresse?




Sy is
Een van die
Kernfaktore wat die departement soos ‘n goed ge-oliede
Rat laat funksioneer, want sy dagboek
Elke gebeurlikheid om double bookings
Te voorkom en sy
Archive belangrike dokumente in case of
Referencing;
En sy bedien tee met ‘n smile,
Service die shredder as hy vashaak,
Sorteer navrae oor kostepunte uit
En weet wat die Baas wil hê nog voordat dié iets sê