Tuesday, May 28, 2013

Jackpot


Die tere herinneringe
skets ‘n prentjie
van jou
sonnige geaardheid.

Die foto’s vertel
‘n storie van
jou lewensverhaal.

Soos ‘n skatkis
wat vir ons troos bring
wanneer die blues ons omring,
so is

jou
begrafnisblaadjie.

Thursday, March 21, 2013

Canvas vol kleure


Goudgeel sonneblomme
straal jou warmte
uit jeens jou medemens;

bloedrooi rose
jou Jesus-liefde;

bottelgroen varings
jou fyn aanvoeling
vir menswees;

spierwit lelies
versinnebeeld
jou rein gewete;

viooltjiepers laventel
kondig die aroma aan
wat jy in mense se lewens bring;

cerese pienk malva
dui op die
marvellous
vrou wat jy is;

skeloranje kappertjies
wys hoe jy lewens opjazz
wanneer jy dit aanraak

terwyl hemelblou amaryllis
jou engel-mens-wees trompetter.

Sunday, February 17, 2013

By die Start van ‘n week


vra ek U
om my te
Wash
met waters van vrede;

Spin
elke greintjie haat
uit my uit;

Rinse
my met
genade;

Spin
onmenslikheid
uit my uit;

Peg
my met
liefde
vas

en

Stryk
my kreukels met
begrip
uit.

Saturday, January 19, 2013

Lekker verjaar Suzanne!


Stort asseblief
U seën oor haar uit en gee ‘n
Ziljoen engele opdrag om haar ten
Alle tye te beskerm waar sy mag gaan in die
Nuwe jaar, en gee haar wat sy mag
Nodig hê
Elke dag van haar bestaan