Sunday, February 17, 2013

By die Start van ‘n week


vra ek U
om my te
Wash
met waters van vrede;

Spin
elke greintjie haat
uit my uit;

Rinse
my met
genade;

Spin
onmenslikheid
uit my uit;

Peg
my met
liefde
vas

en

Stryk
my kreukels met
begrip
uit.

Saturday, January 19, 2013

Lekker verjaar Suzanne!


Stort asseblief
U seën oor haar uit en gee ‘n
Ziljoen engele opdrag om haar ten
Alle tye te beskerm waar sy mag gaan in die
Nuwe jaar, en gee haar wat sy mag
Nodig hê
Elke dag van haar bestaan

Monday, December 24, 2012

Ho ho ho!


Ek het vir
Kersvader
jou adres gegee.

Hy’s met sy
takbokke en sy slee
oppad na jou toe
met ‘n pakkie

vol
van
vrede,
vreugde

en

hope
liefde.

Friday, December 7, 2012

Rus sag my Misty-maatjie


Met die eerste oogopslag het jy
In my hart gekruip omdat jy so
Special is.
To me
You were a friend, not just an animal

Tuesday, November 20, 2012

BANG


Ek slat my handjies op na die dak,
maar my ogies sien ek gaan nie bykom nie.
Toe roep ek maar vir Liewe Jesus
en fluister ‘n skietgebedjie in Sy oor.
So as jy buskruit ruik...
dis Hy wat oor jou wag hou.