Tuesday, August 14, 2012

Winter-warm-woorde


Mag my kombersie
winter-warm-woorde
jou omvou:
EK IS LIEF VIR JOU

Saturday, August 11, 2012

Tissues teen trane


Medisyne vir hartseer
is ‘n gebed ver
daarom dra ek jou
op aan ons Heer.

Lekker verjaar Liesel!


Liewe Prof., my gebed vir jou
Is liefde in oorvloed
En
Sy genade
En seën met jou elke dag van die
Lewensjaar wat voorlê

Thursday, August 9, 2012

Ter viering van Vrouedag


Ek hoop jy geniet

Vandag en dat jy
Regtig waar
Op die hande gedra sal word en
Uit jou vel sal wees van

Blydskap omdat jou
Lyding onder
Ystervuiste van vroueslaners
Deur dinge
Soos vroue- en
Kinderregte hokgeslaan word en verkragters
Aan die
Pen ry

Sunday, July 15, 2012

My hart se punt


Daar’s vir jou

‘n spesiale plekkie
in hartkamer 1
sodat ek jou oral heen
kan saamneem;

in hartkamer 2
omdat ek vir jou omgee;

in hartkamer 3
omdat ek my nie
‘n lewe sonder jou
kan indink nie

en in hartkamer 4,
want dis hier
waar ek jou koester.

Tuesday, July 10, 2012

Depressie


Bietjie vir bietjie
word die
asemhaling
al flouer

tot die laaste bietjie
uitgewurg word

en die
lewe

geen meer
houvas
op my het nie.