Stelliepel se Skryfwerk
Saturday, June 11, 2011
Definisie van ‘n Ouma
O
ulike tannie wat
U
it haar pad uit gaan om ander
M
ammas se kinders met
A
llerhande lekkernye te bederf
Friday, June 10, 2011
Die Slag van Bloedrivier
Soos soldaatjies
marsjeer hulle
die lokaal
binne in gelid
en gaan sit.
Op bevel van
die Samajoor lê
hulle aan sodra
die laaste soldaatjie
in besit is van
‘n antwoordblaadjie.
Na 2 ure en 55 minute
word hulle aangeraai
om terug te val,
want die tyd loop uit.
Na 3 ure staan hulle
soos een man
op met die wete:
Dié wat nie 50 haal nie
sal UP weer
aanstaande jaar
opkommandeer...
Sunday, May 8, 2011
Gelukkige Moedersdag Merkwaardige Vrou!
As jy
praat
spreek jy
waarheid
en jou
kyk
dui op
begrip.
As jy
luister
is dit met
geduld
en as jy
koester
is dit met
sagtheid.
As jy
vergewe
is dit sonder
verwyt
en as jy
liefhet
is dit
onvoorwaardelik.
As jy
oordeel
is dit met
regverdigheid
en as jy
dien
is dit met
oorgawe.
As jy
help
is dit omdat jy
omgee
en as jy
doen
is dit met
deeglikheid.
Friday, May 6, 2011
Oulik verby
Spesiaal geskryf vir Prof. Ferreira
Inteendeel...
W
at jy vir
A
nder beteken
A
s persoon kan nie eers die
R
and
D
ollar-prys vertoon nie, so
E
k wil net sê: Jy’s
V
eel meer werd as wat jy
O
oit in jou
L
ewe sal besef
Thursday, May 5, 2011
Ek is van nature na Sy beeld geskape
Mag my
liefde
fel op jou
neerbrand
en jy my
ondeundheid
onthou op
die dae wat
Jakkals trou
met Wolf se vrou.
Mag jy my
omgee
vereenselwig
met die
sterre
se lig
en my
skaterlag
vergestalting kry
in die rammel
van die wolke
tydens ‘n reënbui.
Mag die wind
se nadraai my
alomteenwoordigheid
na jou toe aanwaai
en die reënboog
jou altyd herinner
aan my opregtheid.
Eerder bang Jan as dooie Jan
Ek’s nie soseer
bang vir die dood
as vir die
diep, donker graf nie.
Tuesday, April 26, 2011
My rykdom
word nie gemeet
in terme van die
hoeveelheid
geld wat ek het
nie, maar in die
krag van gebed
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)