Sunday, May 8, 2011

Gelukkige Moedersdag Merkwaardige Vrou!

As jy
praat
spreek jy
waarheid
en jou
kyk
dui op
begrip.

As jy
luister
is dit met
geduld
en as jy
koester
is dit met
sagtheid.

As jy
vergewe
is dit sonder
verwyt
en as jy
liefhet
is dit
onvoorwaardelik.

As jy
oordeel
is dit met
regverdigheid
en as jy
dien
is dit met
oorgawe.

As jy
help
is dit omdat jy
omgee
en as jy
doen
is dit met
deeglikheid.

Friday, May 6, 2011

Oulik verby


Spesiaal geskryf vir Prof. Ferreira 

Inteendeel...

Wat jy vir
Ander beteken
As persoon kan nie eers die
Rand
Dollar-prys vertoon nie, so
Ek wil net sê:  Jy’s
Veel meer werd as wat jy
Ooit in jou
Lewe sal besef


Thursday, May 5, 2011

Ek is van nature na Sy beeld geskape

Mag my
liefde
fel op jou
neerbrand

en jy my
ondeundheid
onthou op
die dae wat
Jakkals trou
met Wolf se vrou.

Mag jy my
omgee
vereenselwig
met die
sterre
se lig

en my
skaterlag
vergestalting kry
in die rammel
van die wolke
tydens ‘n reënbui.

Mag die wind
se nadraai my
alomteenwoordigheid
na jou toe aanwaai

en die reënboog
jou altyd herinner
aan my opregtheid.

Eerder bang Jan as dooie Jan

Ek’s nie soseer
bang vir die dood
as vir die
diep, donker graf nie.

Tuesday, April 26, 2011

My rykdom

word nie gemeet
in terme van die
hoeveelheid
geld wat ek het
nie, maar in die
krag van gebed

Tuesday, April 19, 2011

Jesus bring hoop


Eers toe U my sagkens aanraak
en sê ek moet my kop oplig,
my twee ogies oopmaak
en dit op U rig
het ek besef ‘n Christen
Hou nooit
Op
Om te
Probeer nie...

Monday, April 4, 2011

Ons groet jou met die wete dat...


Ter nagedagtenis aan wyle Doktor Carol Noela van der Westhuizen

Christuskinders soos jy
Altyd
Rede sal hê
Om te
Lag

want

Nou is jy
Ons
Een vooruit – by ons
Liefdevolle
Almagtige Vader