Stelliepel se Skryfwerk
Friday, May 6, 2011
Oulik verby
Spesiaal geskryf vir Prof. Ferreira
Inteendeel...
W
at jy vir
A
nder beteken
A
s persoon kan nie eers die
R
and
D
ollar-prys vertoon nie, so
E
k wil net sê: Jy’s
V
eel meer werd as wat jy
O
oit in jou
L
ewe sal besef
Thursday, May 5, 2011
Ek is van nature na Sy beeld geskape
Mag my
liefde
fel op jou
neerbrand
en jy my
ondeundheid
onthou op
die dae wat
Jakkals trou
met Wolf se vrou.
Mag jy my
omgee
vereenselwig
met die
sterre
se lig
en my
skaterlag
vergestalting kry
in die rammel
van die wolke
tydens ‘n reënbui.
Mag die wind
se nadraai my
alomteenwoordigheid
na jou toe aanwaai
en die reënboog
jou altyd herinner
aan my opregtheid.
Eerder bang Jan as dooie Jan
Ek’s nie soseer
bang vir die dood
as vir die
diep, donker graf nie.
Tuesday, April 26, 2011
My rykdom
word nie gemeet
in terme van die
hoeveelheid
geld wat ek het
nie, maar in die
krag van gebed
Tuesday, April 19, 2011
Jesus bring hoop
Eers toe U my sagkens aanraak
en sê ek moet my kop oplig,
my twee ogies oopmaak
en dit op U rig
het ek besef ‘n Christen
H
ou nooit
O
p
O
m te
P
robeer nie...
Monday, April 4, 2011
Ons groet jou met die wete dat...
Ter nagedagtenis aan wyle Doktor Carol Noela van der Westhuizen
C
hristuskinders soos jy
A
ltyd
R
ede sal hê
O
m te
L
ag
want
N
ou is jy
O
ns
E
en vooruit – by ons
L
iefdevolle
A
lmagtige Vader
Wednesday, March 30, 2011
Ballade vir 'n enkeling
Daar is
een plek
op aarde
waarheen
ons niemand
saamvat nie
en dit is
graf toe.
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)