Thursday, October 14, 2010

Tjailatyd

Ek slaan my oë op
na die horlosie
bokant my kop.

Die lange is
op die twaalf
en die korte
op die vier.

Ek is dank
vader bly
nog ‘n dag
is verby.

Thursday, October 7, 2010

ouma@indiehemel.gov.za

Bestel solank
vir ons twee
diabeetbeskuit en
bitter rooibostee,

want sodra
ek aanland
gesels ons
land en sand

oor alles
en nog meer
by die voete
van ons Heer.

Monday, September 27, 2010

Rinkinkery tussen die lakens

Die maan het my
glimlaggend
verseker dat jy nie
verdwaald sal raak

wanneer jy
‘n draai in
droomland
gaan maak,

want Hy
wat oor die
sterre waak

sal sorg dat
hulle lig maak.

Sunday, September 26, 2010

Vier seisoene kind (Deel 3)

Jy weet jy't
herfs
in jou lewe
betree

as jou
huweliksmaat
nie meer
alles gee

en jou
aanraking

‘n verfloude
sensuele
prikkeling

tot gevolg het
in die bed.

Tuesday, September 21, 2010

Webwerf wat wemel van woorde

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WOES
VRIENDE
EENSAAM

Selfs skrywers
wat eens
op ‘n tyd
eensaam
was
klim hier
uit hulle
kassies uit,

want nie
net bied
Woes jou
geleentheid

vir die
tentoonstelling
van jou
kreatiwiteit,

maar leer ken
jy vriende
van Afrikaans
wêreldwyd

wat leer uit
mekaar se
kommentaar uit.

Sunday, September 19, 2010

besteantivirusprogram@wêreldwyd.com

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
INFILTREER
VROLIK
BROOS

Die wat U
gekies het
vertoon vrolik
Liewe Heer,

so my gebed
is dat U
my sisteem
sal infiltreer,

want sonder
U as
anti-virus
om Satan te keer
is ek te
broos
om sy aanslae
af te weer.







Saturday, September 18, 2010

Jy’s onlosmaaklik deel van my bestaan

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
UITBASUIN
BEMIN
SKETS

Vra ander my
om ‘n prentjie
te skets
van die een
wat ek bemin
dan weet ek
nie of ek
moet begin

by die
glimlag
wat om jou
mondhoeke
speel
as ons ‘n
spesiale oomblik
deel

of
jou oë
wat altyd
skitter van
opgewondenheid
nie, want

beide
maak my
stapelgek
van liefde,
soos in so
dat ek

saans as ek
slaap jou naam
uitbasuin
omdat jy nie
uit my gedagtes
wil verdwyn.