Thursday, September 9, 2010

Soek en jy sal vind

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BRING
HUNKER
BEHOEFTE

Dis nou wel nie my
eerste verhouding,
maar dis asof jy
‘n einde bring
aan my siel
se soekery
om die regte
pasmaat te kry.

My hart
hunker daarna
dat jy vir my die
jawoord sal vra,

want na ‘n leeftyd
se saamwees
het ek ‘n
behoefte
aan jou
alomteenwoordigheid.

Wednesday, September 8, 2010

Tyd vir selfkastyding is verby

myself
moor
ek
maar
selfs bomme,
swaarde, skietgoed,
messe, vuiste, woorde,
Ander moor mekaar met

Tuesday, September 7, 2010

Dis hoe ek jou sal onthou

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WEERSTAND
SAGTHEID
KOESTER


Ek mis die
sagtheid
van jou skoot,

jou hande wat
‘n mens omvou
en styf teen
jou bors vashou,

jou onmeetbare
sterkte wat lê in
jou vermoë om aan
my weerstand te
bied teen gevaar
die kere wanneer
moeilikheid my
in die gesig staar.

Moeder,
ek koester jou
merkwaardigheid
as vrou.

Sunday, September 5, 2010

Handleiding oor hoe ‘n mens kinders moet hanteer

As julle my respekteer
dan sal ek jul eer,
maar minag my
en jul sal ‘n skouer kry.

Moenie op die waarheid steun,
want ek vertel maklik ‘n leuen
as ek julle nie kan vertrou
om ‘n geheim te hou.

Moenie julle beloftes breek –
jul laat my in die steek –
en ek gaan sukkel om jul
nie op my beurt te verkul.

As julle my sal motiveer
sal ek my bes probeer;
beïnvloed my negatief
en ek ontwikkel ‘n grief.

Moenie my uithaal
voor ander as ek faal;
ek sal dit waardeer
as julle my eenkant reg leer.

Moet my nie verwyt
vir al julle moeilikheid;
dit laat my met min
verantwoordelikheidsin.

As ek ooit bang raak –
moenie my vrese afmaak
as simpel nie, maar ontferm
julle oor my deur my te beskerm.

Moenie dit teen my hou
as ek sê: “Ek haat jou!”
Ek hou net nie daarvan as jy
my planne in die wiele ry.

Moenie vir my geld voorskiet
om die lewe mee te geniet,
maar as julle ‘n tydjie kry
spandeer ‘n paar minute saam my.

Moenie my vergelyk
met ander wat meer bereik
as ek, maar aanvaar my
vir dit wat ek regkry.

Moenie hierdie afmaak
as maar net nog ‘n bysaak,
maar neem ter harte wat ek vra,
my liefste Pa en Ma.

Saturday, September 4, 2010

Sensasionele sensasie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
RESUSSITEER
SMAGTING
PRIKKEL

As die top van jou vingerpunte
af beweeg langs my ruggraat
is dit asof jy ‘n sensoriese
prikkel in my medulla inlaat
wat my ovaria motories prikkel
om hierdie maand weer
‘n ovum vry te stel sodat
ons opnuut kan probeer

om ‘n fetus te verwek
wat kompleet op ons trek.

My smagting na jou innige
liefde word vervul wanneer
jy my penetreer en plesier
my tepels resussiteer
nes die neuro-oordragstof
dopamien vrygestel word.





Friday, September 3, 2010

Jy’s die manlike vergestalting van Persephone

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
LENTE
ROMANSE
FEES

Wanneer die lente kop uitsteek
 
en die winter se dorheid breek
slaan jou bladwisselende romanse
opnuut my voete onder my uit.

As ek jou Legacy ruik,
jou nektarsoet lippe proe,
jou lyf teen myne voel,
hoor hoe jy my naam noem,
jou nr. op my foon sien flikker, dan
weet ek ons is vir mekaar bedoel.

Jy laat my glo
lente is liefde
en
die lewe ‘n fees
en
in jou arms
is die plek
waar ek wil wees.

Wednesday, September 1, 2010

Kupido kon nie korrel nie

Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BITTERHEID
PRYS
SKROOM

Die bitterheid wat
 
in my binneste
opstoot is genoeg
om van naar te word.

As Eros ‘n waardasie
van my hart moet doen
sal hy nie skroom om my
bankrot te verklaar nie,

want

ek het ‘n duur prys betaal vir my
Te onnosel om
Raak te sien dat
Ons
Twee
Saam hoort