Voorheen het ek
nie regtig geweet
wie of wat presies
jy nou eintlik heet
nie, maar nou’t ek jou
mikroskopies ontleed
en pak ek jou nie meer
sonder handskoene beet.
Saturday, March 20, 2010
Tuesday, March 16, 2010
Vlieg in jou @!#*
Ek het jou op
‘n troontjie
geplaas,
maar jy’t
afgebliksem
die dag toe
jou woorde
my soos ‘n
bliksemstraal
getref het.
As jy kyk
sal jy sien
die plek
in my hart
waar jou
woorde
my getref
het vertoon
spierwit,
want ek
voel fokkol
vir mense
wat my
integriteit in
twyfel trek.
‘n troontjie
geplaas,
maar jy’t
afgebliksem
die dag toe
jou woorde
my soos ‘n
bliksemstraal
getref het.
As jy kyk
sal jy sien
die plek
in my hart
waar jou
woorde
my getref
het vertoon
spierwit,
want ek
voel fokkol
vir mense
wat my
integriteit in
twyfel trek.
Friday, March 5, 2010
Gebed van die vroue van Afrika
Ons vergader tesaam -
vroue van oraloor –
om vandag U naam
in gebed aan te roep.
Sal U soos ‘n held
van ouds ons en
ons kinders beskerm
teen wêreldse geweld?
Skenk ons krag
vir die rolle wat ons
vervul elke dag
van ons bestaan –
van waar ons vir
kinders moet ma speel
tot waar ons ons
liefde met mans deel.
U ken elke enkelma
by haar naam en
daarom wil ons vra –
seën hulle finansieel.
Gee dat ons U liefde
eerstehands ervaar
as mans egskeidings
teen ons verklaar.
Help ons baklei
teen Satan sodat hy
nie die oorhand kry
in ons lewens nie
en gee dat verlore
vrouesiele sal wis
dat hulle sonder U
absoluut niks is.
Maak die van ons
wat onsself afsloof,
maar steeds arm bly,
asseblief ryk in geloof.
vroue van oraloor –
om vandag U naam
in gebed aan te roep.
Sal U soos ‘n held
van ouds ons en
ons kinders beskerm
teen wêreldse geweld?
Skenk ons krag
vir die rolle wat ons
vervul elke dag
van ons bestaan –
van waar ons vir
kinders moet ma speel
tot waar ons ons
liefde met mans deel.
U ken elke enkelma
by haar naam en
daarom wil ons vra –
seën hulle finansieel.
Gee dat ons U liefde
eerstehands ervaar
as mans egskeidings
teen ons verklaar.
Help ons baklei
teen Satan sodat hy
nie die oorhand kry
in ons lewens nie
en gee dat verlore
vrouesiele sal wis
dat hulle sonder U
absoluut niks is.
Maak die van ons
wat onsself afsloof,
maar steeds arm bly,
asseblief ryk in geloof.
Thursday, March 4, 2010
Wednesday, March 3, 2010
Kurrikulum van milieu (Deel 2)
Leerlingraad-wees was 'n eer,
want hoofde in beheer
was nie deur ouers regeer.
Selfone was nie ‘n las
binne en buite die klas
omdat dit nie mode was.
Kinders was nie gewapen
nie en dwelms en gin
was nie saam die klas in.
Kinders was verantwoordelik
vir hul dade, en nie groepsdruk
nie, sou hulle trap in ‘n strik.
Kinders het dit nie gewaag
om laat by ‘n klas op te daag;
ekstra klasse was nie in aanvraag.
Was die leerplan van daardie tyd
maar net nie by die agterdeur uit
in die samelewing van vandag se tyd
dan kon mens nog boelies uitsort
met die nodige klappe wat hul kort
en sou meer mense onnies wou word.
want hoofde in beheer
was nie deur ouers regeer.
Selfone was nie ‘n las
binne en buite die klas
omdat dit nie mode was.
Kinders was nie gewapen
nie en dwelms en gin
was nie saam die klas in.
Kinders was verantwoordelik
vir hul dade, en nie groepsdruk
nie, sou hulle trap in ‘n strik.
Kinders het dit nie gewaag
om laat by ‘n klas op te daag;
ekstra klasse was nie in aanvraag.
Was die leerplan van daardie tyd
maar net nie by die agterdeur uit
in die samelewing van vandag se tyd
dan kon mens nog boelies uitsort
met die nodige klappe wat hul kort
en sou meer mense onnies wou word.
Tuesday, March 2, 2010
Kurrikulum van milieu
Die regering in beheer
het kinders laat leer
van ons liewe Heer.
Jou juffrou was jou bron
waar jy inligting kon
kry oor als onder die son.
Die verantwoordelikheid
vir leer in daardie tyd
was joune – groepwerk was uit.
Die Slag van Bloedrivier –
die kuns van ‘n kultuur -
was toe nog jaarliks gevier.
LO was nie Lewensoriëntering
nie, maar Liggaamlike Opvoeding
wat mens buite moes deurbring.
Detensie het nie bestaan,
want kinders was geslaan
sodra stoutighede ontstaan
het en vir die wat van stryk
af was, was berading gebruik –
aan warm klappe soortgelyk.
het kinders laat leer
van ons liewe Heer.
Jou juffrou was jou bron
waar jy inligting kon
kry oor als onder die son.
Die verantwoordelikheid
vir leer in daardie tyd
was joune – groepwerk was uit.
Die Slag van Bloedrivier –
die kuns van ‘n kultuur -
was toe nog jaarliks gevier.
LO was nie Lewensoriëntering
nie, maar Liggaamlike Opvoeding
wat mens buite moes deurbring.
Detensie het nie bestaan,
want kinders was geslaan
sodra stoutighede ontstaan
het en vir die wat van stryk
af was, was berading gebruik –
aan warm klappe soortgelyk.
Monday, March 1, 2010
Bestanddele waaruit 'n ma bestaan
'n Tonnemaat liefde
vir kinders en manlief
en vergewensgesindheid
vir woorde wat haar hart klief.
‘n Eetlepel wysheid
vir elke dagtaak
en trots na smaak
wanneer kinders presteer.
‘n Teelepel hartseer
vir elke terugslag
en 3 kilogram geloof
in Hom elke dag.
Vir moeilike tye
‘n knypie vasbyt
en bitter min verwyt
jeens ander en die self.
‘n Koppie vol humor
om haar op te beur
en hope geduld as
sy kinders moet leer.
vir kinders en manlief
en vergewensgesindheid
vir woorde wat haar hart klief.
‘n Eetlepel wysheid
vir elke dagtaak
en trots na smaak
wanneer kinders presteer.
‘n Teelepel hartseer
vir elke terugslag
en 3 kilogram geloof
in Hom elke dag.
Vir moeilike tye
‘n knypie vasbyt
en bitter min verwyt
jeens ander en die self.
‘n Koppie vol humor
om haar op te beur
en hope geduld as
sy kinders moet leer.
Subscribe to:
Posts (Atom)