Thursday, December 10, 2009

Tuesday, December 8, 2009

Oortreffende trap

Goed, ek het gedink ek weet beter,
maar agtergekom jy weet die beste.

Sunday, December 6, 2009

Goeie gebaar

Seerkry is nie vir sussies nie -
die dat ek my oor jou ontferm,
‘n hartwag kry wat jou beskerm,
sodat jy jou Twinsavers kan spaar.

Wednesday, December 2, 2009

Gebed van ‘n geneesheer

Gee dat my werke
‘n sukses sal wees
en dat die merke
volkome sal genees.

Tuesday, December 1, 2009

Waarskuwing


Dit doen jou ego skaad aan
as jy nie vir hulp gaan.
Deur te erken jy’t ‘n probleem
sal niks van jou afneem.

Wees daarop bedagsaam –
moenie gevaar verontagsaam!
Dit maak die skade soveel minder
en kan onnodige seer verhinder.

Monday, November 30, 2009

Hardkoppigheid

Jy behoort uit jou foute te leer;
nie ander daarvoor te blameer!
Jy wat nou in die stof byt –
die argitek van jou eie moeilikheid.

Saturday, November 28, 2009

God se goedheid

Hy beskerm teen die kwaad;
Hy luister as ons wil praat;
Hy voorsien as ons vra;
Hy sal ons deur storms dra.

Hy vertroos as ons hartseer is;
as ons moeg is gee Hy rus;
Hy vergewe as ons sondig –
uit genade – nie uit plig.