Vingerlek-lekker lees ons uit U Woord - in goeie en slegte tye soos dit hoort. As ons onvergifnis vra wanneer ons bid maak U ons harte soos Omo weer wit.
U genees ons harte se diepste seer; beter as Panado – dit vat nie wéér. U gee ons krag om aan te gaan nes Red Bull; met elkeen se lewe is daar immers ‘n doel.
Nes ADT hou U oor ons lewens wag - vier en twintig uur elke liewe dag. As ons met U wil praat is daar altyd sein; U sal nie soos MTN van die lug af verdwyn.
U is U kinders se PostNet; met al ons probleme hou U tred. U Seun se dood – ons Outsurance Versekering; Sy kruisdood het die ewige lewe meegebring.
U laat ons dink aan die Duracell-hasie – geen keer aan U ons Baas nie. Soos Netcare maak U siekes gesond; soos Eye Care staan U vir blindes bont.
Vir dowes beteken U hoop; U laat selfs verlamdes loop. In krisistye los U niemand se hand – vandaar één ry voetspore in die sand.
As ons ‘n Colgate-glimlag gee dan doen ons dit half verleë. U ons Aquafresh – ons Alles-In-Een - oor duisende der duisende jare heen.