Stelliepel se Skryfwerk
Monday, December 26, 2016
Geseënde Kersfees Pa!
Dis vandag jou
eerste Kersfees
by die spul
daarbo in die hemel.
Mag hulle
jou oorlaai met
Christusliefde
in oorvloed!
25/12/2016
Sunday, June 19, 2016
Gelukkige Vadersdag!
Hoop die spul
het Pa darem
bederf daar bo
in die hemel!
Friday, April 8, 2016
Mis jou Pa
As ek met
tere
herinneringe
‘n paadjie
kon bou
dan sou
dit reguit
gelei het
hemel toe.
Monday, March 28, 2016
Lekker verjaar Pa!
Liewe Jesus,
gee vir Pa
‘n stywe druk
en sê geluk
met sy verjaarsdag;
oorlaai hom met
hope liefde
en sê dis
hoe baie
ons hom mis.
28/03/2016
Wednesday, January 6, 2016
Hennie
H
et ek maar geweet gister was ons laaste kuier sou
E
k langer langs die hospitaalbed wou staan en
N
et na Pa staar al kon Pa die laaste tyd
N
ie meer met ons praat nie.
Rus
I
n vrede Pa met die wete ons sien mekaar
E
endag weer in die hiernamaals.
Hendrik Christoffel Johannes Botha
1953-03-28 – 2016-01-03
Sunday, January 3, 2016
Rus in vrede Pa
Pa, jou heengaan
speel soos ‘n stilfilm
voor my verby.
Ek kry terugflitse
van gelukkiger tye saam
met die wete
jy is
nou by
Liewe Jesus
en knipoog
vir ons
saam die sterre.
Hendrik Christoffel Johannes Botha
1953-03-28 – 2016-01-03
Newer Posts
Older Posts
Home
Subscribe to:
Posts (Atom)