Mag geluk
kom tapdans
op jou voorstoep
na elke boks
snesies,
voorspoed jou
met ‘n vuishou
tref wanneer jy
dit die minste
verwag,
vrede waak hou
oor jou hart
met die wete
dat jy nie
als kan kry
wat jy wil hê,
seën mildelik
op jou neerreën,
liefde
jou aankleef
jou aankleef
soos ‘n
aansteeklike
siekte
en jy gedurigdeur
bewus wees van
Sy genade in jou
lewe
elke tree wat jy
gee
in die jaar wat
voorlê.