Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
BEGEERTE
DIEPTE
PREWEL
Vir jare het die
ou tannie
probeer uitvind
wie die vrou is
op wie haar
man
maandeliks sy
salaris spandeer.
Eers die dag met
hul 50ste
huweliksherdenking
kon sy hond haaraf
maak toe die
ou oom opstaan,
‘n sluk uit die
brandewynbottel
wegslaan
en prewel:
“My liefste, jy wat
elke brandende
begeerte in my ken...
jou liefde meet ‘n
mens nie in terme
van seks nie,
maar in terme
van jou diepte.”
Tuesday, August 31, 2010
Saturday, August 28, 2010
By die herdenking van ‘n huwelik
Hierdie is geskryf
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WEERGALM
BELOFTE
OPREGTHEID
As jou belofte
“tot die dood ons skei”
as deel van 'n
3 woord uitdaging
op die webwerf Woes.
Die 3 woorde
wat moes deel uitmaak
van die gedig was:
WEERGALM
BELOFTE
OPREGTHEID
As jou belofte
“tot die dood ons skei”
in my ore weergalm
dan twyfel ek nie vir
‘n oomblik aan die
opregtheid daarvan nie,
want deur moeilike tye heen
kon ons op mekaar steun.
Die skaafwerk aan mekaar
het ons
EEN
gemaak in geloof -
in God
en in onsself.
Ons geluk het
ons met mekaar
gedeel
en nie toegelaat
dat derde partye dit
steel.
Ons rykdom lê nie
opgesluit in ons huis
of die motors daar buite,
maar in ons kinders
en
hulle spruite.
Kyk ek terug
dan besef ek –
jy maak my
volkome gelukkig.
Schoolplaten.com. 2010. Huweliksbootjie. Beskikbaar te: http://www.schoolplaten.com/kleurplaat-huwelijksbootje-i5707.html. Geraadpleeg 28 Augustus 2010.
Wednesday, August 25, 2010
Kriteria om jou nasionaliteit te bepaal
Jy mag wel
vervaardig
wees in
Suid-Afrika,
maar jy’s nie
Trots Suid-Afrikaans
alvorens die polisiehoof
jou beroof,
jy kwaad raak
as taxi’s hul
eie padreëls maak,
jy ‘n pap wiel kry
as jy deur ‘n slaggat kry
en
jou versoek om verhoging
en gepaardgaande staking
absoluut niks meebring
nie
SA Stud Book. n.d. Proudly South African. Available at: http://www.studbook.co.za/images/prsa.jpg. Accessed 25 August 2010.
Monday, August 23, 2010
Tuesday, August 17, 2010
Saturday, August 14, 2010
Sweet dreams
My happiest
moment is
between
midnight and
sunrise when
I enter
dreamland
as my dreams
then seem like
reality to me.
moment is
between
midnight and
sunrise when
I enter
dreamland
as my dreams
then seem like
reality to me.
Soete drome
Ek's op my
gelukkigste
as ek net na
nanag
droomland
doekvoet
binnegaan tot
voor ek
moet opstaan,
want gedurende
daardie tyd
voel my droom
soos ‘n
werklikheid.
gelukkigste
as ek net na
nanag
droomland
doekvoet
binnegaan tot
voor ek
moet opstaan,
want gedurende
daardie tyd
voel my droom
soos ‘n
werklikheid.
Thursday, August 12, 2010
Studente se siening van skryfbehoeftes
gee wat jy dink.
om weer te
meer ink
maar
minder lood,
Jy benodig
raak jy met dinge.
hoe meer gekonfyt
in akademiese kringe,
Hoe hoër jy opbeweeg
Our name is mud. 2010. Think Outside The Box Pencil Holder. Available at: http://www.ournameismud.com/product.cfm?productID=1715. Accessed 13 August 2010.
Wednesday, August 11, 2010
Verjaarsdagwense vir Liesel
Opgedra aan Prof. Liesel Ebersöhn
Lieflike verjaarsdag vir jou
In familie
En vriende
Se teenwoordigheid
En Sy seën en
Liefde in oorvloed
Lieflike verjaarsdag vir jou
In familie
En vriende
Se teenwoordigheid
En Sy seën en
Liefde in oorvloed
Monday, August 9, 2010
Naald en garing vroue
Vroue is nes
naald en garing.
Hulle steek hul
neuse in ander se
sake met die
doel voor oë om
agter die kap van
die byl te kom.
Hul fyn intuïsie
maak dat hulle
deur die oog van
‘n naald kan
sien wat skort.
Sodra hulle
duidelikheid het
oor ‘n situasie
omsoom hulle
hul vriendinne in
gebed met hul
hartgare van
liefde en omgee.
Vroue – wees
dankbaar vir elke
kort en lang
steek in jou
lewenspatroon,
want God het dit
daar geplaas met
‘n doel voor oë!
Acclaim Images. n.d. Needle and thread. Beskikbaar te: http://www.clipartguide.com/_small/1386-0812-1816-2838.jpg. Date accessed: 5 September 2010.
Saturday, August 7, 2010
Liefde onder die loep
Net soos wat 'n
mens nie kan
lewe sonder
suurstof nie
kan ‘n mens
nie liefhê sonder
om seer te kry nie.
Die belangrikste
van alles:
Sodra die mens
dit verloor waarvoor
hy lief is besef hy
die waarde van wen
wanneer dit te laat is.
mens nie kan
lewe sonder
suurstof nie
kan ‘n mens
nie liefhê sonder
om seer te kry nie.
Die belangrikste
van alles:
Sodra die mens
dit verloor waarvoor
hy lief is besef hy
die waarde van wen
wanneer dit te laat is.
Tuesday, August 3, 2010
Monday, August 2, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)