Opgedra aan Doktor Suzanne Bester
Sy het op alles 'n antwoord
Uitnemend in haar werk
Zero verdraagsaamheid as jy haar ignoreer
Altyd in beheer van situasies
Nie een wat haar maklik vervies
Naas haar liefde vir die mens is dié vir diere onbeperk
Enig in haar soort
Saturday, October 31, 2009
Sunday, October 25, 2009
Brandmerk
(Die letsels van masochisme)
Elke letsel vertel ‘n ander storie –
stories wat niemand wil hoor nie;
stories van pyn en leed
waarvan ‘n mens moeilik vergeet.
Elke letsel vertel ‘n ander storie –
stories wat niemand wil hoor nie;
stories van pyn en leed
waarvan ‘n mens moeilik vergeet.
Friday, October 23, 2009
Diepere betekenis
(Jou naam sê soveel
- jy's 'n engelmens -
ek het my nie verbeel)
Reguit
Oppad
Na
Éwige
Lewe
- jy's 'n engelmens -
ek het my nie verbeel)
Reguit
Oppad
Na
Éwige
Lewe
Sunday, October 18, 2009
Lesbiese liefde
By 'n vrou het sy liefde gevind,
maar steeds bly sy jou kind.
Dit maak nie van haar minder mens;
aanvaarding is haar grootste wens.
Jou opvoeding was foutloos,
daaraan kan jy jouself troos.
Verkragtings het hulself daartoe ontleen;
nie ‘n afwyking in een of ander geen.
Hou op om jouself te verbeel
jy’s God wat kan regter speel!
Sy regterlike mag is nie aan jou oorgedra.
“Wees haar moeder” het Hy jou gevra.
maar steeds bly sy jou kind.
Dit maak nie van haar minder mens;
aanvaarding is haar grootste wens.
Jou opvoeding was foutloos,
daaraan kan jy jouself troos.
Verkragtings het hulself daartoe ontleen;
nie ‘n afwyking in een of ander geen.
Hou op om jouself te verbeel
jy’s God wat kan regter speel!
Sy regterlike mag is nie aan jou oorgedra.
“Wees haar moeder” het Hy jou gevra.
Saturday, October 17, 2009
Homoseksualiteit
Party sê dis weens gebeure uit jou verlede
en jy kan daaroor kom d.m.v. gebede.
Ander sê dis in jou gene vasgelê
om iemand van dieselfde geslag lief te hê.
Menings kom uit soveel monde –
daar’s die wat sê dis sonde –
ander sê weer dis reg.
Is dit dan nou goed of sleg?
en jy kan daaroor kom d.m.v. gebede.
Ander sê dis in jou gene vasgelê
om iemand van dieselfde geslag lief te hê.
Menings kom uit soveel monde –
daar’s die wat sê dis sonde –
ander sê weer dis reg.
Is dit dan nou goed of sleg?
Friday, October 16, 2009
Ode aan die baas
(Opgedra aan Doktor Ronél Ferreira)
Sy neem die voortou;
sy moet almal gelukkig hou;
aan die departement se beeld bou;
met almal se doen en late tred hou;
sy't tientalle vergaderings om by te woon;
moet navrae hanteer oor die foon;
vir die departement is sy 'n ikoon –
met die Samuel H Prince-toekenning beloon;
van haar word verwag om te verstaan
en met tye vure dood te slaan;
soms moet sy selfs vermaan;
sonder haar sal als en almal vergaan.
Sy neem die voortou;
sy moet almal gelukkig hou;
aan die departement se beeld bou;
met almal se doen en late tred hou;
sy't tientalle vergaderings om by te woon;
moet navrae hanteer oor die foon;
vir die departement is sy 'n ikoon –
met die Samuel H Prince-toekenning beloon;
van haar word verwag om te verstaan
en met tye vure dood te slaan;
soms moet sy selfs vermaan;
sonder haar sal als en almal vergaan.
Thursday, October 8, 2009
Spreekbuis en vinger wys se duur prys
Waar die hart van vol is,
loop die mond van oor.
Ek’t jou etikettering gehoor –
onthou net - gis laat mis.
Friday, October 2, 2009
Van geslag tot geslag
Ouma Bettie, ek's trots daarop om jou nasaat te wees
Jy het altyd vir ander gesê:
“Mens skop nie ‘n hond wat lê!”
Nou is ek daardie hond
en elke ding wat vreet eis sy pond.
Jy’t gesê: “Môre sal die son weer skyn”
en “Moenie agter jou kniekoppe huil!”
Die bult wat ek moet uit vertoon styl;
my laaste hoop begin langsamerhand kwyn.
Dis jou foto wat my dwing om te onthou
jy het vir my blymoedigheid geleen –
dit sit in elke liewe geen...
geloof en hoop – daai boustene van jou.
Vandag wil ek sê dankie daarvoor;
daai boustene help my baklei teen verloor.
Ek’s trots daarop om jou nasaat te wees –
so sal my verhaal vir jare voortlees.
Jy het altyd vir ander gesê:
“Mens skop nie ‘n hond wat lê!”
Nou is ek daardie hond
en elke ding wat vreet eis sy pond.
Jy’t gesê: “Môre sal die son weer skyn”
en “Moenie agter jou kniekoppe huil!”
Die bult wat ek moet uit vertoon styl;
my laaste hoop begin langsamerhand kwyn.
Dis jou foto wat my dwing om te onthou
jy het vir my blymoedigheid geleen –
dit sit in elke liewe geen...
geloof en hoop – daai boustene van jou.
Vandag wil ek sê dankie daarvoor;
daai boustene help my baklei teen verloor.
Ek’s trots daarop om jou nasaat te wees –
so sal my verhaal vir jare voortlees.
Botsende belange
Twee voertuie wat mekaar tref -
sodra ons skuld en skade bepaal die besef...
ons kon vandag 6 voet ver gaan rus –
ons het die dood met sentimeters gemis.
Thursday, October 1, 2009
Vals alarm
Vir wat die alewige vrae
as ek jeans en tekkies dra?
Hoor julle my miskien kla
as jul kleredrag my pla?
Dis nie asof julle verstaan
wat in my kop en hart aangaan;
owerhede hoef my darem nie te vermaan
omdat ek ly aan ‘n vervolgingswaan.
Al voel ek verstote en vuil
en lê ek steeds saans en huil –
steeds stap ek daagliks ‘n reguit myl –
skewe persepsies los ‘n brandmerk nes ‘n pyl.
as ek jeans en tekkies dra?
Hoor julle my miskien kla
as jul kleredrag my pla?
Dis nie asof julle verstaan
wat in my kop en hart aangaan;
owerhede hoef my darem nie te vermaan
omdat ek ly aan ‘n vervolgingswaan.
Al voel ek verstote en vuil
en lê ek steeds saans en huil –
steeds stap ek daagliks ‘n reguit myl –
skewe persepsies los ‘n brandmerk nes ‘n pyl.
Gelukkige verjaarsdag
(Verjaarsdagwens vir Janine Smith)
Mag jy so oud soos die berge word
en jou probleme hulself uitsort;
mag Hy Sy genade daagliks openbaar
en ek hoop al jou drome word waar.
Mag jy so oud soos die berge word
en jou probleme hulself uitsort;
mag Hy Sy genade daagliks openbaar
en ek hoop al jou drome word waar.
Subscribe to:
Posts (Atom)